Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Hulle moor met le^ers" deur HENRI LAURIE
"Hulle moor met le^ers" deur HENRI LAURIE [boodskap #23586] Do, 03 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
HULLE MOOR MET LÊERS
Henri Laurie

Meer is daar nie, en tog
word die snik en snak en asem van die wenendes
in elke teekoppie gehoor,
in elke handdruk en gange vol deure,
selfs die boks rekkies ruik na begrafnis.
Kantore het moord geword, die ink is giftig
en die telefoon so skerp soos staal.
Die vorms staan tou,
die hand wat skrywe, die naam wat geskryf word,
en elke storie wat langs die slote sluip
of deur die strate hol
word vorm vir vorm ingevul
en dring soos die dood op stilte aan.
My stilte
en joune.

Dat pruike nou dui op dreigement,
dat deernis klop op 'n dooie nommer,
dat ons weet ons belieg word, sonder heenkoms,
nugter niemand meer nie.
Ek gaan my foto-oog weggee, ek kan tog nie
saamhuil oor elke dooie kind nie,
elke hand sy mes bejammer nie---
as elke woord kies tussen sterfte en sterfmaat
verloor selfs stilte sy vreedsaamheid.

Almal speel regter, en wedywer om tussen leuens
die beste leuen te bekroon
met die smalende eerbied van stilte.
Waarom sal ek my tussen katte roos hou,
tussen diefwering en kosyne my soos 'n viool verbloem,
ek kan tog nie hart gee aan elke kreet nie?

Maar wanneer moord op jou posseëls is,
en die messe op die tafel speech maak,
wanneer mure se ore mond word,
en moord verkondig,
wanneer elke dood se spoor in jou koffiemoer lê
en die moordenaar minder bloos as 'n af TV,
en die bloed van die prokureur jou herinner aan 'n
skildery êrens in Italië,
en die planete hyg om by te bly
(selfs slawe het meer tande as ons geregtigheid!)
wanneer by naam geroep word
en die amptelike eggo is papier,
wanneer moord en leuens gewoonte word

Ek soek in my hart
stukkies eerbied, stukkies mens
my swaar arms, my fluitende keel
wees mens met my
ons sal nooit vergeet nie
ons land is 'n tyd van moord.
Re: "Hulle moor met le^ers" deur HENRI LAURIE [boodskap #23781 is 'n antwoord op boodskap #23586] Di, 08 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A&a  is tans af-lyn  A&a
Boodskappe: 3
Geregistreer: Junie 1999
Karma: 0
Junior Lid
nie le^er nie man, probeer lêer (ê = Alt 136 op die sleutelbord)

@igs.net wrote in message ...
>
>
> HULLE MOOR MET LÊERS
> Henri Laurie
>
> Meer is daar nie, en tog
> word die snik en snak en asem van die wenendes
> in elke teekoppie gehoor,
> in elke handdruk en gange vol deure,
> selfs die boks rekkies ruik na begrafnis.
> Kantore het moord geword, die ink is giftig
> en die telefoon so skerp soos staal.
> Die vorms staan tou,
> die hand wat skrywe, die naam wat geskryf word,
> en elke storie wat langs die slote sluip
> of deur die strate hol
> word vorm vir vorm ingevul
> en dring soos die dood op stilte aan.
> My stilte
> en joune.
>
> Dat pruike nou dui op dreigement,
> dat deernis klop op 'n dooie nommer,
> dat ons weet ons belieg word, sonder heenkoms,
> nugter niemand meer nie.
> Ek gaan my foto-oog weggee, ek kan tog nie
> saamhuil oor elke dooie kind nie,
> elke hand sy mes bejammer nie---
> as elke woord kies tussen sterfte en sterfmaat
> verloor selfs stilte sy vreedsaamheid.
>
> Almal speel regter, en wedywer om tussen leuens
> die beste leuen te bekroon
> met die smalende eerbied van stilte.
> Waarom sal ek my tussen katte roos hou,
> tussen diefwering en kosyne my soos 'n viool verbloem,
> ek kan tog nie hart gee aan elke kreet nie?
>
> Maar wanneer moord op jou posseëls is,
> en die messe op die tafel speech maak,
> wanneer mure se ore mond word,
> en moord verkondig,
> wanneer elke dood se spoor in jou koffiemoer lê
> en die moordenaar minder bloos as 'n af TV,
> en die bloed van die prokureur jou herinner aan 'n
> skildery êrens in Italië,
> en die planete hyg om by te bly
> (selfs slawe het meer tande as ons geregtigheid!)
> wanneer by naam geroep word
> en die amptelike eggo is papier,
> wanneer moord en leuens gewoonte word
>
> Ek soek in my hart
> stukkies eerbied, stukkies mens
> my swaar arms, my fluitende keel
> wees mens met my
> ons sal nooit vergeet nie
> ons land is 'n tyd van moord.
>
Re: "Hulle moor met le^ers" deur HENRI LAURIE [boodskap #23820 is 'n antwoord op boodskap #23586] Wo, 09 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die ê op Doudie se pos werk vir my. Kyk na jou sagteware.

A&a wrote

> nie le^er nie man, probeer lêer (ê = Alt 136 op die sleutelbord)
>
> @igs.net wrote in message ...
>>
>>
>> HULLE MOOR MET LÊERS
>> Henri Laurie
Re: "Hulle moor met le^ers" deur HENRI LAURIE [boodskap #23858 is 'n antwoord op boodskap #23586] Do, 10 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Alwyn Nel" writes:

> Die ê op Doudie se pos werk vir my. Kyk na jou sagteware.
>
> A&a wrote
>
>> nie le^er nie man, probeer lêer (ê = Alt 136 op die sleutelbord)
>>
>> @igs.net wrote in message ...
>>>
>>>
>>> HULLE MOOR MET LÊERS
>>> Henri Laurie

Ek weet nie waarvan A&a praat nie. Die gedig
is in "Word" met die nodige leestekens getik,
en dit veroorsaak geen probleem as dit na die
nuusgroep oorgedra word nie. Die titel het ek
wel as "le^ers" getik, omdat ek direk op die
nuusgroep nie met gemak kappies op die letters
kan sit nie. Dit verklaar dus seker A&a se
uitbarsting.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Gelykenis" deur LEON STRYDOM
Volgende onderwerp: Uit "Mabalêl" deur EUGENE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 21:05:34 MGT 2024